

Tue, 09 Jun
|Eden Venue
Dummy run
Een vir die dames... Kom geniet vrouwees en word geïnspireer met 'n gesels, 'n gepeusel en 'n gesnuffel!
TIME & PLACE
09 Jun 2026, 11:30 pm – 11:40 pm
Eden Venue, Fencourt Road, Cambridge, New Zealand
ABOUT THE EVENT
Kom geniet vrouwees en word geïnspireer met 'n gesels, 'n gepeusel en 'n gesnuffel!
Gryp jou vriendin en kom luister saam na ons twee fantastiese gassprekers, en word bederf met 'n wêreldklas gin-proe. Vat 'n kans en neem deel aan ons gelukkige trekking, loer deur die interessante mini-markie, en stap weg met 'n geskenksakkie (daai ekstra bederfie).
ONS GASSPREKERS
Des du Plooy is in kinder- en vrouebediening en het 'n hart vir die opbou van huwelike (en die mense binne hul!). Sy is 'n mentor, aanbiddingsanger en spreker.
Lucia Kotzé is 'n skrywer, spreker en stigter van Lutzi Kutzi Little Luxuries. Deur haar boeke en stories inspireer sy mense om met groter bewustheid, doelgerigtheid en moed te leef.
BELBERRY DISTILLERY
Net buite Hamilton is Bellberry Estate, 'n uitvoergehalte boord met 'n reeks van organiese vrugte - van kiwibessies tot frambose, feijoas, perskes en meer. Dis vanuit hierdie pragtige stuk grond waar die bestanddele vir hul gins en vodkas kom.
Glen en Jarna gaan ons die oggend lei deur die proe van 5 van hul gins - waarvan sommige nog nie op die mark is nie! Daar sal ook geleentheid wees om van jou gunstelinge aan te koop en huis toe te neem, sou jy wou.
WAT NOG?
Op die dag kuier ons knus in die pragtige onthaal-saal van Eden Venue, net buite Cambridge.
Daar gaan 'n mini, boetiek-grootte markie wees met produkte vanuit die plaaslike Saffa gemeenskap, wat jy tussen program items kan beloer. Kom ondersteun ons Saffa dames!
Ons gelukkige trekking sluit drie pryse in waarvoor jy in aanmerking kan kom:
'n Geskenkbewys van Bare + Glow
'n Velsorg mandjie van Ruah NZ
'n Mandjie vol SA lekkernye van Erika Jansen van Rensburg by All Cover
Potte vol rooibostee wag vir jou, tesame met ligte peuselhappies. Elke dame stap weg met 'n geskenkpakkie ter waarde van $50.
Kom kuier saam!
LET WEL: Kaartjies is slegs oop vir dames oor 18 jaar oud. Dus slegs een kaartjie per epos-adres, vir wettiese redes.

TICKETS
VERFYND 2026: ROOIBOS & GIN
Kom geniet vrouwees en word geïnspireer met 'n gesels, 'n gepeusel en 'n gesnuffel!
$0.00
Sale ended

