
oor ons
Makietie NZ is gestig deur 'n ma-en-dogter span: Wanda Ferreira en Yurika Kotzé.
Wanda was die stigter van die Sakevroue Forum van Suid Afrika in die 90's, en was oor die jare betrokke by die reël en saamstel van 'n reeks van funksies en byeenkomste. Haar ervaring sluit alles van danse tot formele tee's, tot grootskaalse pretdae en beeslope in! Sy het ook 'n groot liefde vir liefdadigheidswerk, en was eens die provinsiale hoof van Santa Shoebox (Oos-Kaap) in Suid Afrika.
Yurika kom uit 'n bemarkings- en grafiese agtergrond. Sy spesialiseer in
'E-commerce' en webstuistes, en het die voorreg gehad om talle besighede al oor die jare aanlyn te bring. Daarmee saam het sy jare se ervaring in markte - beide as verkoper en organiseerder. Sy was deel van die stigtingsspan van The Gift Market, 'n jaarlikse grootskaalse mark in die Wes-Kaap.
'n Hunkering na die feeste, markte, danse, en algehele Saffa manier van dinge doen, het nou uiteindelik hierdie twee dames se talente bymekaar gebring.
Kom MAKIETIE saam met ons!
.png)

